On Stage
Byna Beroemd
Jacobi & Olga
Jacobi en Olga se verhoogreis het begin met Poskaarte uit Parys (KKNK 2023). Sedertdien tree hulle gereeld saam op, met produksies soos Kuchen und Kabarett by Dinkel Bakkery in Kaapstad.
In November 2025 was hulle deel van Vreet en Forte saam met die bekende sjef John Joseph in Wellington, ‘n unieke viering van Afrikaans se 100ste bestaansjaar, waar musiek en kos saamgesmelt het met ‘n Franse flair.
In Maart 2026 het hulle saam met Eben Genis opgetree in Chansons à Versailles, en dié trio sal ook in Oktober 2026 by die US Woordfees te sien wees met Oos, Wes, Tuis, Bes.
Hulle tree ook gereeld op by korporatiewe funksies, wynfeeste en privaat geleenthede.
25 September
18:00 – 19:00
N.G. Kerksaal, 10 Langstraat
R150 per persoon (Bring jou eie wyn en wondermandjie saam)
Kaartjies & Navrae: Musefeeskantoor – Ellen van Rensburg | 082 738 8011
Kaartjies by die deur: R180 per persoon
staan op
Mart Marais
26 September
18:00 – 19:30 (Vertoning: ±70 minute)
N.G. Kerksaal, 10 Langstraat
R150 per persoon (Bring jou eie wyn en wondermandjie saam)
Kaartjies & Navrae: Musefeeskantoor – Ellen van Rensburg | 082 738 8011
Kaartjies by die deur: R180 per persoon
Hoe gemaak as jy nie eers na jou dood rus gegun word nie? Wanneer Mart Marais se suinige suster besluit om op kostes te bespaar en ’n goedkoop begrafnisondernemer, AVKOP, te gebruik, ontspoor dinge dramaties. By die hemelpoorte daag Mart op met ’n 80’s-perm so onheilig dat selfs die engele ongemaklik raak. Petrus herken haar nie en stel beleefd voor dat sy moet wag totdat die perm uitsak voor sy weer mag aanklop. Wat volg is ‘n nadoodse nagmerrie.
Tussen blokfluit-huldeblyke, begrafnisbroodjies en ’n kisrok uit sequins, besef Mart: selfs die dood is nie ontsnapping van familie nie.
Mart Marais staan op is die nuutste swartkomedie uit die pen van Ilne Fourie.
SINOPSE:
Mart Marais staan op is Fourie se nuutste eenvrouvertoning. Hierdie skreeusnaakse swartkomedie handel oor wat gebeur wanneer jy selfs ná jou dood nie vrede gegun word nie.
Wanneer Mart Marais se suinige suster besluit om op kostes te bespaar en ’n goedkoop begrafnisondernemer, AVKOP, te gebruik, ontspoor dinge dramaties. By die hemelpoorte daag Mart op met ’n 80’s-perm so onheilig dat selfs die engele ongemaklik raak. Petrus herken haar nie en stel beleefd voor dat sy moet wag totdat die perm uitgesak het voor sy weer mag aanklop.
En so beland Mart – dood, maar nie stil nie – by haar eie begrafnis.
Wat volg is ’n nadoodse nagmerrie: ’n aaklige swaer, Hesbar, se blokfluit-huldeblyk wat geen mens (of siel) behoort te hoor nie en ’n kisrok uit sequins wat meer Vegas as vrede straal. Alles, behalwe rus.
Mart Marais staan op is ’n absurde, eerlike en ongenaakbare blik op familie, goedkoop keuses, en die laaste plek waar jy ooit verwag om jouself terug te vind – jou eie begrafnis.
PROGRAMNOTA
Mart Marais staan op
Met: Ilne Fourie Teks: Ilne Fourie Regie: Debeer Cloete
Verhoogbestuurder: Amíra van Biljon Taal: Afrikaans Tyd: 70 minute
Harte-bliksems
Anke Meyer-Auld & Norman Doubell
Wat gebeur wanneer liefde in die digitale era bots met die werklikheid? Harte-bliksems is ‘n energieke, skreeusnaakse romantiese komedie met Anke Meyer-Auld en Norman Doubell wat die liefdesuitdagings van twee Afrikaanse enkellopendes volg. Van ongemaklike eerste afsprake en snaakse misverstande tot onverwagse ontmoetings – hierdie produksie bewys dat ware liefde soms nader is as wat ons dink.
24 September
17:30 – 18:30
The Stage Coach, Santos Express, Mosselbaai
R300 per persoon – geniet beide vertonings
Besprekings: Quicket
VerkleurVroutjie
Ilne Fourie
Wat gaan ons vanaand kyk? Opera? Skouspel? Komedie? Drama? Hoekom nie sommer iets van alles! Ilne Fourie (Sjarrap, en eet jou kos!/ Laerskool Noord/ Faksie) bring vir jou die hele boksemdaais! Vir die eerste keer is daar iets waarvan almal hou, want jy kan kies – soek jy iets dramaties of komies? Hou jy van Pavarotti of meer van hokkie-bokkie-sokkie treffers? Van Rina Hugo tot Patricia Lewis, jy wil nie hierdie skouspel mis! Blou, pienk, groen of geel – hierdie vertoning sal jou nie verveel.
7 genres – 70 minute – 1 aktrise
Maak gereed vir ‘n mengelmoes-kultuurkardoes-tipsy-tert-KONSERT!
Verkleurvroutjie
Met: Ilne Fourie Teks & regie: Ilne Fourie Taal: Afrikaans Tyd: 70 minute
24 September
19:30 – 20:45
The Stage Coach, Santos Express, Mosselbaai
R300 per persoon – geniet beide vertonings
Besprekings: Quicket