BO-BAAS BRAAI BROODJIE KOMPETISIE


Is jy moeg om te hoor dat jou braai broodjie nie so smul lekker is soos jou skoonpa sê nie, of soek jy na die regte geleentheid om die nodige erkenning te kry dat jou braai broodjie kreatief en watertand lekker is? Wel, dan is die Musefees en Searles Village Restaurant die plek waar jy moet aanmeld!

Vanjaar gaan die Muse-lin Kompetisie na die gemeenskap toe om die Muse-lin Bo-baas Braai Broodjie Wenner vir 2025 te vind!

Hoe werk dit?
Pak jou broodjie (enige vorm, geur of kleur) in ‘n mandjie, sowel as al die bestanddele en geure wat jy op die broodjie wil sit. Maak seker jy het jou braai gereedskap, en as jy ‘n spesiale broodjie-rooster of voorskoot en hoed wil gebruik, bring dit ook saam.

Ons sal die vure voorberei en tafels uitplaas.

Jy berei jou broodjie voor, en wanneer jy reg is, braai jy dit.

Die gebraaide broodjie word aan die beoordelaars voorgesit vir beoordeling, wat tot 50 punte kan kry.

WAT GEBEUR OP DIE DAG?


Searles Village sal sorg vir musiek uit die boonste rakke, smul lekker pap & sous, braai wors, hoendersosaties en ander braaivleis. Bring jou ondersteuningspan, vriende en familie—hierdie is nie ‘n geleentheid om alleen te braai nie!

Besprekings:
Telefoon: 044 050 3289

Inskrywingvorm

I the undersigned understand the competition rules/guidelines and agree to abide by them. Understanding that the judge’s decision is final.

Ek, die ondergetekende, verstaan die kompetisiereëls/riglyne en stem in om daarby te hou. Ek aanvaar dat die beoordelaars se besluit finaal is.

Should you need any more information, please contact Project Lead, Marianne Alberts, on 076 025 0153 or email admin@musefees.co.za